
Batavia str 3, Bloubergstrand - Tel nr: 021 554 1290 - Faks nr: 086 591 5147 - E-pos: ngkblouberg@mweb.co.za
| Tuis | Wie is Ons? | Erediens | Bedienings | Jeug | Groepe | Aktueel | Kontak |
|---|
EREDIENSTE: 08:30 - Gesinsdiens met junior kategese Let op dat daar slegs 10:00 en 19:00 eredienste tydens die Jun & Des skoolvakansies sal wees.
|
LERAARS:Ds Thinus Britz Ds Elmarie Wiesner Ds Marietjie Steyn |
MAATSKAPLIK: Thamar Jacobs BANKBESONDERHEDE: NG Kerk Bloubergstrand
|
|||
![]() |
![]() |
||||
KALENDER9 Mei: 10 Mei: 13 - 16 Mei: 19 Mei: 24 Mei: 24 - 28 Jun:
SKAKELSAdres: Batavia str 3, Bloubergstrand, 7441
|
WELKOMWelkom by die NGK Bloubergstrand se webtuiste. Ons hoop dat jy al die inligting sal vind waarna jy op soek is en dat die webtuiste vir jou gebruikersvriendelik is. Ons glo dat die liefde waarmee die webtuiste ontwerp is, vir jou tot seën sal wees.
NUUSLELIES VAN DIE DUINETwee juffrouens van die Lelies van die Duine Speelskool, Atlantis het Projek Weskus-wenners baie trots gemaak! Hulle het op Vrydag 3 Mei 2013 hul diplomas van West Coast Kollege by ‘n plegtigheid in die Malmesbury Stadsaal ontvang. Wat dit baie spesiaal maak, is die feit dat Nolene (die een juffrou) ‘n inwoner van die informele nedersetting is waar die skool geleë is, en uitstyg bo haar omstandighede. Dit wil gedoen wees met die voorbeeld wat sy aan die res stel. BAIE GELUK AAN HULLE!
POTJIE & WYNPROEKom smul aan heerlike skaapkerrie of hoender-sampioen potjiekos! Kaartjies is nou elke Sondag bekikbaar tussen die 08:30 en 10:00 erediens asook na die 19:00 erediens. Die koste is R80pp (potjiekos & wynproe), wegneem etes is R40pp (slegs potjiekos) en kinders R30pp. Bring asb eie eetgerei (borde, mes & vurk, ens) asook 'n WYNGLAS vir die wynproe. Etes word vanaf 18:00 bedien. Slegs 20 wegneemete kaartjies is beskikbaar per pot en is slegs vir dié wat nie saam met ons by die saal kan kuier nie. Koeldrank en pakkies skyfies gaan ook te koop wees.
Gemeente Brief April 2013Soos dit maar elke jaar gaan, het ons nog skaars op dreef gekom of die kwartaal is al weer op sy kop. Die wind waai (genadiglik) ’n bietjie minder en son brand so ietwat flouer. En ons is almal maar al te bewus van ’n somervakansie wat na ’n rowwe kwartaal, baie ver in die verlede lê. Ons kan egter nie terugkyk op die kwartaal sonder om intens bewus te wees van die Here se oorvloedige genade, vir ons elkeen en ons gemeente nie. Dit was ’n bedrywige kwartaal vol speel en kuier soos net Bloubergstranders kan.
|
||||