Batavia str 3, Bloubergstrand - Tel nr: 021 554 1290 - Faks nr: 086 591 5147 - E-pos: ngkblouberg@mweb.co.za

Tuis Wie is Ons? Erediens Bedienings Jeug Groepe Aktueel Kontak

NGK Blouberg Selgroepe

In die NG Kerk Blouberg is daar verskeie groepe kerkgangers wat op 'n weeklikse basis bymekaar kom. Alhoewel elke groep se rede en dinamika verskil, is die Heilige Gees betrokke by elke groep en 'n hegte eenheid word gevorm tussen die groeplede. Hierdie groepe ontmoet mekaar gewoonlik in huise, ondersteun mekaar, bid vir mekaar, lag en kuier saam en groei geestelik in hulle pad met Jesus.

'n Kerk kan intimiderend wees vir nuwe mense en hulle kan verlore voel tussen die onbekendes. Hoewel mense kerk toe kom vir baie redes bly hulle gewoonlik vir een - verhoudinge. By die NG Kerk Blouberg glo ons dat deelname aan 'n groep een van die beste maniere is om soliede Christelike verhoudinge op te bou. In 'n groep het jy nie net die geleentheid om aanvaarding en liefde te beleef nie, maar ook om vriendskappe met ander te ontwikkel en saam te ontdek wat dit beteken om Jesus te volg.

In die NG Kerk Blouberg bestaan daar verskeie vorme van groepe: bidgroepe, bybelstudie groepe, selgroepe, worship groepe ens. Die lede wissel van jonk tot oud en elke groep besit sy eie unieke dinamika en samestelling. Sien hieronder vir meer inligting. Ons moedig jou aan om by 'n groep aan te sluit om deel te word van hierdie familie !!

Skakel Marietjie Steyn 083 461 1220 / marietjie@ngkbloubergstrand.co.za of Pieter Myburgh pietermyb@gmail.com

Waar twee of drie in my Naam teenwoordig is, is Ek by hulle - Matteus 18:20