Navrae

Lidmaatskap / Nuwe Intrekkers

Die NG Kerk Bloubergstrand wil graag alle nuwe intrekkers hartlik uitnooi om in te skakel by die gemeente. Ons is ‘n aktiewe gemeente wat almal so welkom moontlik wil laat voel. Daar is vele aktiwiteite waar gemeentelede by betrokke kan raak. Enige navrae kan gerig word aan die kerkkantoor en ons sal so spoedig moontlik terugvoering gee. Kontak gerus vir Mias Bekker by 083 650 7537 indien u nuut in die omgewing is. Lidmaatskap vorms is in die voorportaal beskikbaar indien u nog nie u inligting by die kerkkantoor ingegee het nie of u kan die vorm aflaai.

Lidmaatskap vorm


Troues

Ons geskiedkundige kerkie is baie gewild as dit kom by troues. Almal wil by die see trou en dan is daar nog boonop 'n oulike kerkie by die see! Indien jy graag ons kerk wil gebruik, kontak die kerkkantoor om die datum te bespreek en stuur die voltooide vorm aan die kantoor. Al die nodige inligting en kostes is op die vorm.

Trou Vorm

Doop

Die doop is 'n baie spesiale geleentheid vir beide die ouers en die gemeente. Daarom is ons so opgewonde daaroor! Dis 'n eenvoudige proses om te volg: bespreek die datum by die kerkkantoor, voltooi die onderstaande vorm, maak 'n afspraak met jou dominee vir die doopgesprek.

Doop vorm

Gedenkdiens

Ons wil jou graag bystaan in hierdie moeilike tyd en die reëlings so maklik as moontlik maak. Kontak asb die kerkkantoor om 'n datum te bespreek en voltooi die onderstaande vorm. Al die nodige inligting en kostes is op die vorm.

Gedenkdiens vorm