Vonkelfees 4 Aug 2018

Op Saterdag 4 Augustus, hou ons ons 1ste Vonkelfees.  Saam met die stalletjies gaan ons ‘n oggendtee hou met Milan Murray (aktrise, skrywer en ma) as spreker. Ons is baie opgewonde hieroor!! Die stalletjies verkoop slegs items wat geskenk is en ‘n persentasie van die fondse is ten bate van Magdalena Huis, wat meisies met krisis swangerskappe ondersteun. Koffie/tee met ‘n bordjie eetgoed is beskikbaar @ R50. Kaartjies is nou te koop by die kerkkantoor.

 

 

Stalletjies:

  • Tweedehandse boeke (enige boeke in goeie kondisie)
  • Tuisgebakte beskuit en kleinkoekies (pakkies van 500g)
  • Fotorame (nuut / gebruik)
  • “Vintage” klere (heel en skoon)
  • Serpe (nuut / gebruik)
  •  Vars groente pakke (het reeds skenkings gekry)
  • Jnoubi Juwele (Midde-Ooste)

Ons het julle samewerking nodig om hierdie 1ste fees ‘n groot sukses te maak en dit sodoende ‘n gereelde instelling te maak.

Kontak asb die kerkkantoor indien jy iets wil skenk of bak. 

Franselene 021 554 1931 / kommunikasie@ngkbloubergstrand.co.za

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *