Ghrizelda Grootboom 26 Aug 18:00

Die merkwaardige Ghrizelda Grootboom gaan eerskomende Sondagaand 26 Augustus by die 18:00 aanddiens haar getuienis met ons deel. Haar verhaal begin toe sy op 9 jarige ouderdom deur ‘n bende verkrag is, en nege jaar later deur ‘n vriendin verraai en as ‘n mensehandel slagoffer van seks slawerny verkoop is. Sy het internasionale bekendheid verwerf toe haar boek ‘Exit’ in 2016 gepubliseer is en sy in 2017 die UN se algemene vergadering toegespreek het. Ghrizelda is ook die stigter van die Survivor Exit Foundation. Ten spyte van die feit dat hierdie ‘n onderwerp met sensitiewe inligting is, bly dit relevant en deel van ‘n groot uitdaging in ons samelewing. Kom kuier saam met ons na die diens in die saal saam met haar. Koffie & tee is beskikbaar asook “Nacho Bowls” teen R25-00 elk ten bate van BMD.
‘vir diegene wie nie ‘n stem het om hulself te laat hoor nie’

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *