Advent

 

Maak oop die poorte!

Advent neem reeds einde November ‘n aanvang. Omdat ons nie hierdie jaar kan Kerssangdiens hou nie (dit is maar steeds te gevaarlik), beplan ons ‘n maand vol kleur en klank met die tema “Maak oop die poorte!” Dit is ‘n Messiaanse tema om ons afwagting vir Kersfees te onderstreep. Die datums vir Advent is 29 November, en 6, 13 en 20 Desember. Kom deel gerus in die feestelikheid!

Ons Kersdienste vind plaas op 24 Des om 18:00 asook 25 Des om 08:30 en 10:00. Ons het ‘n professionele kameraspan gekry om die 10:00-diens uit te saai op Facebook, aangesien ons geboutjie nie die hoeveelheid mense sal kan vat wat ons gewoonlik op daardie dag inlaat nie. Jy kan dus ‘n tradisionele

Bloubergstrand-Kersfees in die gerief van jou eie huis geniet, en jou familie beskerm as jy bekommerd is oor die virus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *