Advent

 

Maak oop die poorte!

Advent het op 29 November begin en daarmee saam die nuwe kerkjaar. Vir sommige van ons sal dit ‘n verligting wees om te hoor dat wat die kerk betref ons klaar is met 2020. Tog, hier aan die einde van die jaar, is ons opgewonde en hoopvol en in afwagting op Kersfees. Ons tema, “Maak oop die Poorte!” is ‘n Messiaanse tema en help ons met die prentjie dat daar ‘n deur of opening of poort op iets nuuts is. Die oorblywende drie Sondae in Advent is 6, 13 en 20 Desember.

Ons Kersdienste vind plaas op 24 Des om 18:00 asook 25 Des om 08:30 en 10:00. Ons het ‘n professionele kameraspan gekry om die 10:00-diens lewendig uit te saai op ons YouTube kanaal. En as jy steeds wil deel wees van die saamwees gevoel met ‘n bietjie minder risiko, bring ‘n kampstoel en kom sit buite in ons vierkant. Daar sal klank en ‘n skerm wees.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *