Oordenkings

17 Februarie is As-Woensdag, die aanbreek van Lydenstyd. Tradisioneel is Lydenstyd die 40 dae voor Paasfees in die kerkjaar. Dit is simbolies van Jesus se tyd in die Woestyn. Dit voel vreemd om te fokus op leegmaak in ‘n tyd wat ons reeds so baie verloor het, maar saam met gelowiges oor die wêreld is dit ‘n wonderlike tyd vir bid, vas en onderskeiding – 40 dae van stil word, sodat ons God se stem kan hoor. Om jou hiermee te help, gaan ons elke dag ‘n kort oordenking op YouTube beskikbaar maak waarna jy kan luister. Die inhoud is gebaseer op Henry Nouwen se werke hieroor. Gaan na www.ngkbloubergstrand.co.za/info vir die skakel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

NG Kerk Bloubergstrand