Albow Gardens Bybelstudie

Kontakbesonderhede:

Magda Knight – magdaknight@telkomsa.net / 082 373 3261

Madeleen dut Toit – 076 313 1647

 

Beskrywing/storie van die projek:

In 2005 het ’n paar vrouens uit die gemeente begin om op Donderdae oggende bybelstudie te hou in die Albow Gardens woonstelblokke in Ysterplaat. Albow Gardens is ’n projek van die stadsraad wat lae koste behuising bied. Hier woon ’n diverse groep mense saam waarvan meeste werkloos is, of ’n minimale inkomste het. Die bybelstudies word hoofsaaklik aan vroue aangebied.

Die bediening het intussen gegroei tot drie verskillende bybelstudiegroepe wat op weeklikse basis aangebied word; ’n kinderkrans wat in die middae aangebied word en ’n jaarlikse kersete wat aan die hele gemeenskap voorsien word. Daar is ook ’n verskeidenheid uitstappies deur die loop van die jaar waar die mense ’n geleentheid gegun word om bietjie uit  hulle omgewing te kom en nuwe plekke te verken. Daar word ook hulp verleen om mense Binnelandse Sake toe te neem vir ID’s, Sassa kantoor toe en hospitaal toe vir ondersoeke en besoeke.

 

Hoe om betrokke te raak:

  1. Kom hou saam Bybelstudie op ’n Donderdagoggend, 11:00 – 12:00
  2. Skenk lekker eetgoedjies vir die Bybelstudie
  3. Help met die ontwikkeling (of aankoop) van eenvoudige materiaal vir die Bybelstudie

 

Storie van Hoop

Oom Dawid is die oudste lid van die Albow Gardens Bybelstudiegroep wat weekliks bymekaar kom en deur ons Gemeente ondersteun word. Leentie Ferreira is deel van hierdie groep en het dit op haarself geneem om die oom se droom te bewaarheid.

So ‘n jaar of 2 gelede het ek die hartseer verhaal aangehoor van die 78 jarige Oom Dawid Ellis wat so graag in sy lewe net 1 keer wou vlieg. Die dag toe hy wel ‘n geleentheid kry was hy net betyds om te sien hoe die vliegtuig voor hom opstyg sonder hom. Hy was laat omdat hy per geleentheid by die lughawe moes kom.

Vandat hy in Albow Gardens bly, kyk hy met verlange deur die venster waar hy woon na al die vliegtuie van die militêre basis wat opstyg en gaan land. Hy kry trane in sy oë en sê: Ai Leentie dit was darem amper! Daardie dag het ek my voorgeneem dat ek ‘n fondsinsameling gaan begin om Oom Dawid te laat vlieg. Omdat hy nie êrens heen sal vlieg nie is daar besluit om dit ‘n helikopter vlug te maak sodat hy dan sy eie omgewing van bo-af kan sien. Die koste vir ‘n vlug is ongelooflik hoog maar ‘n Barmhartige Samaritaan het egter aangebied om hom te vat vir n vlug teen helfte van die oorspronklike prys! Die res is deur ander wonderlike mense geskenk en so kon oom Dawid toe vlieg in Mei 2017.

Hierdie ware verhaal is ‘n mooi voorbeeld van hoe een persoon ‘n groot verskil kan maak … jy kan ook!

 

Huidige behoeftes

  1. Kom eet saam op ʼn Donderdagaand
  2. Help om kos te maak vir ʼn Donderdagaand
  3. Tree as mentor op ʼn vir ʼn individu in die huis
  4. Hou ons in gedagte wanneer jy van ou meubels in ʼn goeie toestand ontslae wil raak

 

Wanneer

Donderdae oggende, 11:00-12:00 by Albow Gardens in Ysterplaat