Vanuit die Albow Gardens bybelstudiegroep het daar ’n behoefte ontstaan vir ’n kinderbediening. So word daar nou elke Donderdagmiddag kinderkerk gehou vir ten minste 60 kinders. Ons gee hulle iets om te eet (meestal toebroodjies), leer hulle iets uit die Bybel aan die hand van ʼn gepaste, kindervriendelike lessies, sing ʼn paar liedjies en aan die einde van die jaar hou ons vir hulle ’n Kerspartytjie wat ons kombineer met ons Santa Shoebox projek. Intussen neem ons ook kleiner groepies, deur die loop van die jaar, op uitstappies na interessante plekke in die Kaap-omgewing waar hierdie kinders voorheen nog nie was nie of waar hulle die geleentheid het om iets nuuts te leer. Wanneer die kinders verjaar, bak ons vir hulle cupcakes en gee vir hulle ‘n geskenkie. Met behulp van NG Kerk Zonnekus gee ons ook vir elke skoolgaande kind ‘n skryfbehoeftes pakkie aan die begin van die jaar.