Met een van ons uitreike in 2019 ontmoet ons ‘n dame op wie se gesig jy die lewe van swaarkry geskryf kon sien staan. Sy het by Bless my Bag ‘n splinternuwe handsak op Vrouedag in 2017 ontvang.
Met ons boodskap op dié Vrouedag het ons die vrouens daaraan herinner dat dit is hoe die Here hul sien. Splinternuut en die verlede word agtergelaat. Net die vorige aand het sy gebid dat Hy in haar behoefte sou voorsien, want haar enigste handsak is van ouderdom daarmee heen. Nou in 2019 dra sy nog steeds dieselfde handsak. Die boodskap van die nuwe handsak destyds het haar rigting in die lewe gevorm, en het sy weer van vooraf begin.