Covid-19 Kos

Ons was nog altyd by kosvoorsiening betrokke in gemeenskappe en aan gesinne wat dit nodig gehad het. Die huidige krisis het ons egter genoodsaak om ons pogings op te skerp.

Daar is dus nou verskeie maniere om betrokke te raak of ondersteuning te ontvang.

Kosvoorsiening

BMD help met die bestuur en uitdeel van kospakkies aan individuele gesinne in hierdie tyd. As jy of jou gesin behoefte het aan ʼn kospakkie, kontak asseblief die BMD kantoor en hulle sal reël dat so ʼn pakkie by jou huis afgelewer word. Indien jy ʼn bydrae vir hierdie projek wil maak, kan jy dit in die kerk se rekening inbetaal en merk as “covid 19 kos”

KONTAK persoon: Thamar Jacobs: 021 554 3268 / thamar@ngkbloubergstrand.co.za

Ysterplaat Gemeenskapskerk

Ons ondersteun vir Ysterplaat Gemeenskapskerk wat weekliks aan 300 huishoudings kospakkies uitdeel. Hiervoor kan jy of ʼn finansiële bydrae maak (sien rekening besonderhede hieronder), of kospakkies skenk (lys van inhoud hieronder), of op ʼn Vrydag in Ysterplaat help pakkies pak of op ʼn Maandag help om die pakkies uit te deel.

KONTAK persoon: Scherlize Hayes: 072 844 4771

Bydraes

Ysterplaat ECHO
ABSA Rek nr. 9333024348
Tak: 632005
E-pos asb verwysing: slizehayes@gmail.com

Kospakkie Inhoud

1kg oats (of pap), 1kg rys, pak pasta, lensies, 1 liter melk, koffie/tee, blikkies: groente, vis/beef, bone, toiletpapier

VGK Goeie Hoop

Ons bied finansiële ondersteuning aan VGK Goeie Hoop in Rocklands, Mitchells Plain, wat ʼn groot hoeveelheid kos aan hulle gemeentelede en gemeenskap uitdeel. Bydraes kan in die VGK Gemeente se Hope Fund inbetaal word:

VGKSA Die Goeie Hoop
Standard Bank
Spaar rekening
624526062
051001
Verwysing: Hope Fund

KONTAK persoon: Marietjie Steyn: 083 461 1220 / Ds Peter September: 021 393 0071

Gevriesde Sop in Dunoon

Saam met Tableview Gemeente ondersteun ons ʼn dame wat in Dunoon klaargemaakte kos uitdeel, 6 dae per week. Indien jy hiervoor ʼn bydrae wil maak, kan jy klaargemaakte sop in 2l roomysbakke vries en op ʼn Maandag tussen 16h30 en 17h30 by Tableview gemeente aflaai of enige ander tyd van die week by die pastorie (Branderlaan 48).

KONTAK persoon: Niel Steyn: 084 688 1080