Diensgetuienis Projekte

 

Bejaardes

Huis Zonnekus

Ouetehuis

As jy 'n passie het vir ouer persone, is hierdie die plek om by betrokke te raak.

lees meer

 

Kinders

Albow Gardens

Kinderbediening

Ons hou Kinderkrans vir ongeveer 30 kinders van die Albow Gardens gemeenskap.

lees meer

 

Tieners / Jongmense

Foundation backbone

Leierskap progam

Deur uitstappies, kampe en ander aktiwiteite bemagtig ons jongmense om ’n verskil in hul skool en omgewing te maak.

lees meer

Echo

Jeugontwikkeling

Ons bied ‘n ondersteuningsisteem aan jongmense tussen 18 en 25jr, wat aan hulle die geleentheid gee om hulle plek in die samelewing te vind.

lees meer

 

Ander

Bless My Bag

Skenking van Handsakke

Skenk jou ongebruikte handsak aan 'n vrou wat deur 'n moeilike tyd in haar lewe gaan.

lees meer

Albow Gardens

Bybelstudie

Ons hou weekliks Bybelstudie saam met van die inwoners van Albow Gardens woonstelle in Brooklyn.

lees meer

Kruishuis

Tydelike Verblyf

Voorsien tydelike verblyf aan mense wat tyd nodig het om weer hul voete te vind.

lees meer

Klerebank

Tweedehandse Klere

Ons sorteer en voorsien 2de-handse klere aan mense wat nie hul eie kan bekostig nie.

lees meer

 

Verslawing

CAD / CAB

Dwelm/Alcohol Verslawing

Ondtersteuningsgroepe in Table View (CAD) en Atlantis Wesfleur (CAB) vir dwelm- en alcohol verslawing.

lees meer

 

Voedingsprojekte

Kospakkies

Maandelikse kos

Vooraf opgemaakte kospakkies word aan minderbevoorregte gesinne in Dunoon geskenk.

lees meer

Gesiggies

Toebroodjies

Ons voorsien toebroodjies aan sommige kinders by Laerskool Tijgerhof wat nie kos by hul huise kry nie.

lees meer

Gemeenskapsete

Weeklikse Aandete

Ons voorsien 'n warm bord kos elke Maandagaand by NG Table View vir haweloses.

lees meer

 

Sendingwerk

Midde-Ooste

Suzan Kirsten

Sendingwerk in Lebanon en die Midde-Ooste.

lees meer

Namibië

Senior Jeug Uitreik

Ons besoek die mense van die Kaokoland en bedien hulle geestelik

lees meer

Missie Japan

Stephan vd Watt

Stephan en sy gesin is al jare lank in die bediniening in Japan.

lees meer

 

Sinodale Instansies

Magdalena Huis

Krises Swangerskappe

Magdalenahuis Beradingsentrum bestaan sedert 1902 en is ‘n Program van Badisa. Ons fokus daarop om dienste te lewer aan meisies/vroue wat ‘n krisisswangerskap ervaar.

besoek webwerf

Alta du Toit Nasorg

Intellektueel gestremdes

Alta du Toit Nasorg is ’n sentrum vir volwassenes wat intellektueel gestremd is. By die sentrum in Bellville word volwasse persone (18jr en ouer) met intellektuele gestremdheid versorg en optimaal ontwikkel om te verseker dat elke individu sy/haar volle potensiaal bereik.

besoek webwerf

Jan Kriel Instituut

Spesiale Skool

Jan Kriel Instituut bestuur die deernis en omgee van die Kerk (en ander persone) by Jan Krielskool, waar leerders met spesiale onderwys behoeftes gehelp word.

besoek webwerf

Instituut vir Dowes

Gehoor Gestremdes

Dowes en persone met erge gehoorverlies se gehoor is in so ‘n mate aangetas is dat dit nie as primêre middel van kommunikasie gebruik kan word nie. As sulks moet Dowes enorme kommunikasie-uitdagings en ongelykhede trotseer wanneer hulle dienste en gemeenskapsprosesse, net vir alledaagse prosesse moet bereik.

besoek webwerf

Kaleidoscope

Siggestremdes

Die Pionierskool vir siggestremdes funksioneer soos enige ander skool in die land. Ongelukkig dek die staatsubsidie geensins die spesialiseerde onderrig en onderrigmateriaal (bv. braillering van alle onderrigmateriaal, vergroting van leer- en leesmateriaal vir ons swaksiendes, apparatus soos die JAWS spraakprogram (rekenaars), Perkins Braille masjiene, Merlin Lae Visie apparaat ens.) wat benodig word vir volwaardige onderrig van siggestremdes nie.

besoek webwerf