Elmarie Dercksen

Elmarie het in Bloemfontein grootgeword en eers musiek studeer, en daarna teologie. Sy is sedert 2005 leraar by die NG Kerk Bloubergstrand, haar derde gemeente. Sy is lief vir lees en skryf; gaan kyk gerus na haar blog by
bloubloggie.wordpress.com. Sy bly leergierig en verwerf in 2018 haar meestersgraad in Ou Testament (Gender&Health). Sy is verantwoordelik vir die musiek in die gemeente (koor en orkeste), asook vir Junior en Senior Jeug.
 

Elmarie is getroud met Thinus, en hul saamgestelde gesin woon in Melkbosstrand. 

NG Kerk Bloubergstrand