Gesiggies

Beskrywing / storie van die projek:

Meer as 10 jaar gelede het ʼn vorige gemeentelid hierdie projek in Ysterplaat begin. Sekere kinders is in Tijgerhof Laerskool geïdentifiseer wat, as gevolg van omstandighede by die huis, honger skool toe gekom het. Ons het toe begin om daagliks toebroodjies vir die kinders te gee. Die gemeente begroot vanuit die diensgetuienis begroting om brood aan te koop. Die smere word deur die gemeentelede geskenk. Vanaf 2010 word daar ook eenkeer per week sop gegee en gedurende die Winter kwartale gee ons warm sjokolade. Sedert verlede jaar deel ons ʼn kospakkie vir elke kind uit voor die lang Winter- en Somervakansies.

Kontakbesonderhede:

Frieda Lamers – frieda@excessluggage.co.za / 082 979 4048

Hoe om betrokke te raak:

  • Bring smere vir die broodjies saam kerk toe: Grondboontjiebotter, blikkies vis, eiers, konfyt, sjokolade smeer, ens.
  • Help om eenkeer per week sop te maak (of staan in as aflos om sop te maak)
  • Dra finansieel by vir die kospakkies wat twee keer per jaar uitgedeel word. Die kospakkies kos min of meer R300 per pakkie