Girly Bags

Beskrywing / storie van die projek

Girly Bags het einde 2019 begin as ‘n inisiatief van ons gemeente se vrouens. Die idee hiermee is om skoolgaande dogters in armer gemeenskappe te bemagtig met opvoeding en om nie weg te bly van skool nie. Hulle word ook elkeen voorsien van ‘n unieke handgemaakte sakkie met sanitêre ware. Sakkie patroon

Samewerking gebeur ook met Matla A Bana nasionale projek wat die sakkies deel maak van hul “comfort packs” aan slagoffers van seksuele molestering 4 – 12 jaar ouderdom. Dit word dan regoor Suid Afrika versprei wanneer ‘n slagoffertjie by die SAPD aangemeld word.

Kontakbesonderhede:

Ina Viljoen 072 995 8240 of iv.viljoen@gmail.com

Hoe om betrokke te raak:

  • Word deel van ons weeklikse brei / hekel groep (die sakkies kan gebrei, hekel of met materiaal gemaak word)
  • Skenk wol, materiaal / afval lappies en knope
  • Maak ‘n finansiële bydrae