Jeug

Ons filosofie

Ons jeugbediening word verdeel tussen Junior Jeug (gr.1 – 6) en Senior jeug (gr.7 – 11) en is gebaseer op die beginsel van verhoudings. Ons glo dat kinders deur goeie positiewe verhoudings verander en beïnvloed word. En daarom doen ons spesiale moeite om seker te maak dat hul op verskeie vlakke aan positiewe verhoudings blootgestel word. Ons doen dit op die volgende maniere:

Kategese

Aangesien ons werk om langtermyn  verhoudings te vestig is dit vir ons belangrik dat dieselfde kategeet van Gr. 1 – 6  en dan weer Gr. 7 – 11 dieselfde klassie het. Ons spandeer ook ekstra moeite om seker te maak dat die materiaal relevant en goed uitgewerk is. Dit beteken dat ons soms self lessies uitwerk en soms vanuit ’n boekie werk, afhangende van die seisoen. Op dieselfde beginsel probeer ons ook om die kategese klasse te laat aansluit by eredienste. Vir groot dele van die jaar stem die tema van die 8:30 diens en junior kategese met mekaar ooreen asook die 18:00 diens met die senior jeug kategese.

 

Junior Jeug (3jr – Gr. 6) 08:30 – 09:30:

Hierdie klassies is tydens die 08:30 erediens, waar die kinders die eerste deel van die diens bywoon en dan na hul verskeie klassies gaan.

Tydens grendeltyd het ons Kindertyd videos opgeneem en op ons Youtube kannaal gelaai asook op ons webwerf saam met besprekings vrae. Gaan kyk gerus na die videos en ander inligting vir die kleinspan deur op die knoppie te kliek.

Senior Jeug  & Belydenisklas (Gr. 7 – Gr.11) 17:30 – 18:00

Hierdie klasse is voor die 18:00 aanddiens wat hulle  dan kan bywoon saam met hul ouers of klasmaats.

Gedurende grendeltyd het ons kategete voortgegaan met kategese klasse via Zoom. Vir meer inligting , kliek op die knoppie hieronder.