Ons is baie opgewonde om weer te kan kamp! Ons kamp saam met Groote Kerk by die Noordhoek kampterrein. Voltooi asb. die inskrywingsvorm aanlyn of by die kerk.
Daar is genoeg volwassenes wat saam gaan om ons kinders veilig te hou en te help met alles wat by ‘n kamp moet gedoen word.
Indien jy enige navrae het, skakel gerus vir Stefan de Klerk by 072 976 9615.
Benodighede:
© Slaapsak, kussing, laken
© Bybel, notaboek, pen en flits
© Gemaklike klere en skoene (wat lekker stap)
© Slaapklere
© Iets warm vir as dit koud is en iets koel vir as dit warm is
© Swemklere, handdoek, sonskerm, hoed
© Toiletware, insekweerder
© (Verkieslik geen selfone en ander waardevolle items)
Alle inskrywings en gelde moet in wees voor/op Maandag, 7 Maart.
Betalings: EFT, Snapscan of kontant by die kerkkantoor / Sondae by kerk
Bank besonderhede:
NG Kerk Bloubergstrand
ABSA Table View
Rek nr: 327 014 0539
Takkode: 632 005
Verwysing: kamp & naam
Die volgende persone kan tydens die kamp gekontak word:
- Stefan de Klerk – 072 976 6915
- ds. Marietjie Steyn – 083 461 1220