Alhoewel daar nie ’n spesifieke erediens aan ’n spesifieke ouderdomsgroep toegeskryf word nie, vind die meeste jongwerkendes aanklank by die 18:00 erediens en aanbidding. Die saamkuier met koffie na die erediens is ook ’n goeie aanknopingspunt om ’n paar nuwe mense te leer ken en saam met ander mense in die gemeente te kuier.