Lienie en Franselene is die hartklop van hierdie kantoor en hoor elkeen se storie met belangstelling aan. In kort is Lienie die administratiewe beampte wat ons kontak wanneer ons die saal of kerk wil bespreek en ander logistieke reëlings tref, terwyl Franselene as kommunikasie beampte meeste van haar tyd spandeer aan die bemarkingaspekte van die kerk, webtuiste, funksies, algemene kommunikasie, en kerkkalender.
Die kantoor is oop vanaf 08:30 to 12:30, Maandae tot Vrydae.
Lienie: 021 554 1290 / kantoor@ngkbloubergstrand.co.za
Franselene: 021 554 1931 / kommunikasie@ngkbloubergstrand.co.za