Klerebank

Kontakbesonderhede

Lienie Watkins – ngkblouberg@mweb.co.za / 021 554 1290

 

 

Beskrywing/storie van die projek:

Meeste van ons het te veel klere, of klere wat ons nooit meer dra nie. Dis egter nie iets wat ons sommer net wil weggooi nie. By die kerkkantoor, sorteer en voorsien ons tweedehandse klere aan die wat nie hul eie nuwe klere kan bekostig nie. Dit sluit in persone wat op straat woon en baie van die mense wat deel is van ons verskillende projekte. Die proses waarin hierdie klere uitgedeel word, word goed gekontroleer. In die geval waar klere nie uitgedeel kan word nie, verkoop ons dit teen ’n minimale bedrag en word die geld aangewend om nuwe klere wat die gepaste grootte is, aan te koop.

 

Huidige behoeftes / Hoe om betrokke te raak

  1. Kom help weeksoggende om die skenkings uit te sorteer
  2. Skenk jou klere wat nog in ʼn goeie toestand is, sodat ons dit kan versprei