Kospakkies

Kontakbesonderhede

Annemarie Grundling – 082 818 6991

 

 

 

Beskrywing / Storie van die projek:

Die kospakkie projek is die oudste diensgetuienis projek in ons gemeente. Vir meer as 20 jaar gee ons al kospakkies aan mense in nood. Elke kospakkie wat ons uitgee of kan aankoop is te danke aan die gemeente se skenkings Die projek voorsien weekliks basiese kosvoorrade aan gesinne in ons omgewing. Die grootste hoeveelheid van die kospakkies gaan egter aan gesinne in Dunoon. ʼn Groot hoeveelheid van die pakkies word aangekoop met behulp van ons Kersdag kollekte.

 

Huidige behoeftes / Hoe om betrokke te raak:

  1. Bring ʼn kospakkie kerk toe met die volgende inhoud: 2,5 kg mieliemeel; 3 blikkies gemengde groente of sousbone; 3 pakkies soja (soya mince); 1 pakkie droë bone; 4 pakkies soppoeier.
  2. Help met die aankope en verspreiding van die pakkies