Marietjie Steyn

Marietjie het in die Kaap grootgeword en teologie aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Nadat sy haar prakties in 2012 by Bloubergstrand gemeente gedoen het, is sy ook as predikant hier aangestel. Sy is hoofsaaklik verantwoordelik vir die jeug en jongmense in die gemeente en tussen haar en Elmarie deel hulle verantwoordelikheid vir die diensgetuienis projekte, waar ’n groot deel van haar hart lê.

Wanneer sy nie werk nie, geniet sy dit om tyd saam met haar gesin in die natuur te spandeer. Sy en haar man, Niel, ry graag fiets en saam met hulle seuntjie, Izak en hond, Filos, geniet hulle dit om in Newlands Forest te gaan stap. Marietjie het ook al ’n paar maratonne agter haar naam. Sy glo dat hoe meer jy oefen, hoe lekkerder kan jy eet.