Midde-Ooste Sending

Kontak

Elmarie Dercksen – 083 276 4944 / elmarie@ngkbloubergstrand.co.za

Nuusbrief – Des 2019

 

 

Beskrywing / storie

“Ons almal ken die storie van Martha en Maria, en hoe Maria die beter opsie gekies het deur by Jesus se voete te sit (Lukas 10:38-42) – ‘n teken van intimiteit en fokus op die enigste EEN!  My hart is om nie net self by Jesus se voete te sit nie, maar om ander te help, te leer en te motiveer om dit ook te doen!

Oor die laaste (amper) 7 jaar was ek deel van verskeie inisiatiewe om meer gebed te aktiveer en mobiliseer.  Ek is deel van ‘n gebedshuis in my eie stad, asook een by my kerk in die hoofstad, in 2014 het ons ons eerste groot gebedsgeleentheid gereël – ‘n Week van Gebed, in 2015 was daar ‘n Jaar van Gebed, en so het dinge geleidelik meer en meer toegeneem oor die laaste 7 jaar…

So ‘n paar stories 😊 ‘n Groep jeugwerkers organiseer jaarliks ‘n groot konferensie om jeugwerkers van 4 verskillende lande bymekaar te bring en hulle te leer en toe te rus in hulle werk as jeugwerkers. In 2015 het ek spottenderwys gesê dat ek nie ‘n jeugwerker is nie, maar as daar ‘n gebedskamer is sal ek daar wees. In 2016, met die volgende konferensie, is die kamer daar, en kon ek nie nee sê nie! Hierdie jaar, toe hulle die kamer voorstel was die leier se woorde “hierdie konferensie kan nie gebeur sonder gebed nie, en as daar nie ‘n gebedskamer is nie, dan weier ons om die konferensie te organiseer”. Soeter woorde kon hy nie gebruik nie!

In dieselfde jaar (2016) het ons ons eerste groot gebedskonferensie gereël vir gelowiges van reg oor die land. Mense het skepties na ons gekyk toe ons gepraat het van 54 ure aaneenlopende aanbidding, lofsang, prys en intense voorbidding, met paar werkswinkels waar mense kon verder groei in verskeie fasette van intimiteit, lofsang, aanbidding, intersessie, profesie, ens… En die resultate? Verskeie gebedsgroepe het op-ge-pop hierna, gebedskamers het begin by verskeie kerke en organisasies en bestaande gebedskamers het hulle ure vermeerder!  Hierdie jaar beplan ons nie net 54 ure nie, maar 74 ure, ons verwag mense van 4 lande in ons area so wel as van die weste, en ons is opgewonde om te sien hoe die Here vure hier gaan aansteek wat nog sterkter gaan brand wanneer hierdies na hul eie tuislande terug gaan…

  1. L. Moody het gesê: “Every great movement of God can be traced to a kneeling figure.” En dis wat my opgewonde maak… Om mense te sien kniel voor die EEN en te weet, deurbrake, bewegings SAL kom!”

—————————————-

Jesus het sy dissipels uitgestuur na al die nasies toe om dissipels te maak en hulle te leer om alles wat HY gesê het te onderhou.  Toe die 12 apostels besef het dat hulle oorweldig word met al die behoeftes in die gemeenskap, het hulle andere aangestel om die las te help dra, en hulle het gesê:

“Ons sal dan al ons aandag aan gebed en die bediening van die woord bly gee.” Handeling 6:4

As gemeente is hierdie ons werker in die veld, een wat haarself toewy aan gebed  en die mobiliseering van gebed.

Ons hoor gereeld stories van al die bose in die wêreld, die donkerte van terrorisme, oorlog en geweld. Maar hierdie werker sien ook die ander kant. Sy bly in die Midde Ooste, omring deur Moslems, en sy sien die gasvryheid, die liefde en omgee, die families wat so diep omgee vir mekaar, sy sien vreemdelinge wat haar laat veilig voel, help wanneer sy in nood is en bereid is om lief te wees vir die “ander”, die vreemdeling, die buitelander!

Sy is in die unieke posisies om betrokke te wees by verskeie intensionele gebedsaktiwiteite om die beweging van die Heilige Gees en wonderwerke in werklikheid in te bid.  Sy kry geleenthede om na ander omliggende lande te gaan en daar mense te help, te aktifeer, te motiveer en te leer om dieper in intimiteit met die Here te wandel, terwyl ons almal groei in ons geloof om groot te droom en vir die onmoontlike te bid!

En in haar “spaar tyd” doen sy bietjie administratiewe en finansiële werk om die pot aan die kook te hou en om bedieninge rondom haar te help.  😊

 

Huidige behoeftes

Venote in die werk!  Daar is ‘n gesegde “it takes a tribe to raise a child”, ons sê “it takes a people to change the world”. Ons kan nie almal Midde Ooste toe trek nie, ons kan nie almal die fisiese saai, oes en op-die-grond-gebed doen nie (die wagte op die mure wees nie (Jes 62:6)) – maar ons almal kan deel wees van die “people” wat die wêreld verander…

  • GEBED!  Ja, jy het reg gelees, ons bidder het gebed nodig! Die belangrikste ondersteuning wat JY haar kan gee is om vir haar te bid, om soos Aaron en Hur Moses se arms hoog te hou op die berg (Eks 17:10-13). Sal jy belangstel om gereelde nuusbriewe en gebedspunte van haar te ontvang en so ‘n gebeds-vernoot te word?
  • Ondersteuning in Transisie – Ons werker is tans besig om uit haar huidige administratiewe en finansiële werk te faseer en iemand anders op te lei om haar plek vol te staan.  Sal jy asb vir haar bid vir wysheid tydens die transisie? Om goed te eindig, goed oor te handig, en dan wysheid te hê oor hoe die Here wil hê sy moet meer in haar rol van gebed en gebedmobiliseering instap…
  • Finansieël ondersteuning – Vanaf Julie 2019 gaan sy nie meer vergoeding vir haar administratiewe werk ontvang nie, en gaan daarom meer finansieële ondersteuning benodig. Wil jy daaroor dink en bid of jy een van haar finansieële venote wil word?

As jy belangstel om ‘n mede-werker in die veld te word, ‘n venoot in ons Midde Ooste werk, kontak ons gerus by die kerkkantoor!