Namibië Uitreik

Kontakbesonderhede:

Marietjie Steyn – marietjie@ngkbloubergstrand.co.za / 083 461 1220

Niel Steyn – niel@echoyouth.co.za / 084 688 1080

 

 

Beskrywing/storie van die projek:

Sedert 2014 is Bloubergstrand en Tableview gemeente se jeug betrokke by Kunene vir Christus in die Kaokoland in Namibië. Kunene vir Christus is ‘n sending organisasie wat al baie jare in die Kunene streek uitreik. Dit is vir ons n groot voorreg om vir twee weke in ʼn jaar te kan bydrae tot hierdie ongelooflike organisasie.

Ons reik spesifiek uit na Swartbooisdrift – ʼn baie primitiewe gemeenskap teen die grens van Angola en op die Kunene rivier. Elke jaar spandeer ons meer as ʼn week saam met die kinders wat na die nabygeleë laerskool gaan en ry ons baie kilometers om by afgeleë krale himba mense te besoek en met hulle die boodskap van die evangelie te deel. Terselfdertyd ondersteun ons ook die sendelinge en tolke wat daar is.

 

Huidige behoeftes / Hoe om betrokke te raak:

  1. Kom saam op ʼn uitreik. Dit is elke jaar tydens die eerste twee weke van die Junie skoolvakansie.
    (Indien jy nog nie 18 is nie is die baie belangrik dat jy ʼn volledige (unabridged) geboortesertifikaat het sodat jy saam met ons oor die grens kan gaan. Doen sommer nou al aansoek hiervoor by Binnelandse Sake aangesien dit soms tot 4 maande kan neem om hierdie dokument te kry.)
  2. Help ons om skryfbehoeftes en sokkerballe vir die skool te neem
  3. Borg ʼn jongmens om saam met ons hierdie spesiale geleentheid by te woon

 

Wanneer

Junie/Julie skoolvakansie