Die doop is ‘n baie spesiale geleentheid vir beide die ouers en die gemeente. Daarom is ons so opgewonde daaroor! Dis ‘n eenvoudige proses om te volg: bespreek die datum by die kerkkantoor, voltooi die onderstaande vorm, maak ‘n afspraak met jou dominee vir die doopgesprek. Stuur die voltooide vorm aan kantoor@ngkbloubergstrand.co.za