Niel Steyn

Niel het skoolgegaan in Oudtshoorn en Worcester en teologie aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Dis hier waar hy ’n besondere hart vir die weerloostes in die gemeenskap ontwikkel het en besluit het om eerder met ’n spesifieke fokus op die gemeenskap te werk as om ’n predikant in ’n gemeente te wees. In 2013 het hy die eerste Echo huis in die Kaap begin. Echo is ’n nie-winsgewende organisasie wat daarop gefokus is om jongmense tussen 18 en 25 ’n oorgangsplek te bied van waar hulle die lewe kan betree. (lees meer oor Echo hier). Hy is in 2016 by Table View Gemeente bevestig, in samewerking met Bloubergstrand Gemeente ter wille van gemeenskapsontwikkeling. Dit beteken dat hy veral fokus op haweloses en persone in nood sonder enige heenkome.

Niel geniet enige buite sport. Hy ry graag bergfiets, kite surf, doen trail running en hou van stap saam met sy gesin. Wanneer hy kans kry vir vakansie-hou, geniet hy dit om op afgeleë plekke te gaan kamp.