Nuwe Kategete

Nuwe kategete vir 2021

Een ding wat 2020 ons geleer het, is dat ons voorbereid moet wees op enige iets –  ook dat 2021 dalk baie soos 2020 gaan lyk!

Dit het ons egter ook die geleentheid gegee om nuut te dink oor ons jeugbediening en te vra: wat is steeds belangrik en van waarde? Die antwoord wat sentraal bly staan het, is verhoudings! Daarom ook dat ons die jongmense so vreeslik gemis het verlede jaar. Dit lyk egter ook asof ons steeds vir ʼn rukkie so op ʼn afstand gaan bly dien en bedien. Maar hopelik nie vir ewig nie.

Nou het ons jou hulp nodig! Ons is opsoek na ʼn paar nuwe kategete vir die jaar vir die junior en senior jeug.

Vir die senior jeug gaan dit aanvanklik behels dat jy op zoom kontak maak met jou groepie en hulle dalk so nou en dan iewers langs die see of in jou tuin bymekaarmaak sodat julle mekaar darem kan sien. Ons voorsien die materiaal wat julle sal help met die bietjie voorbereiding wat daar is en sal dit aanvul met images, podcasts, videos, liedjies, ens. wat julle nou en dan oor whatsapp kan aanstuur. Verder vra ons dat julle vir hulle sal bid. En aanhou bid.

Kontak met die junior jeug is bietjie moeiliker. ‘n Zoom gesprek nou en dan met ouer kinders sou ʼn opsie wees, indien die ouers instem, maar verder vra ons van julle om ook via whatsapp in kontak te bly met die ouers van die kinders in jul groepies en inligting vir hulle op hierdie manier aanstuur.

Natuurlik, wanneer ons weer voluit bymekaar kan kom, sal julle ontmoetings op Sondae by die kerk kan hê met julle groepe!

Vir 2021 is ons opsoek na Kategete vir die volgende groepe:

Junior Jeug:
Voorskool (3-4 jariges)
Voorskool (5-6 jariges)
Graad 1
Graad 2
Graad 3

Senior Jeug:
Graad 7
Graad 9
Graad 10

Indien jy belangstel, of vrae het of selfs voorstelle of idees het. Of dalk jou hulp wil aanbied aan die tegnologiese kant van sake, asb. stuur vir Marietjie ʼn e-pos by marietjie@ngkbloubergstrand.co.za of bel of whatsapp haar by 083 461 1220.

NG Kerk Bloubergstrand