Omgee

BMD Omgee Groep

Vanuit die BMD kantoor het die BMD Omgee groep bestaan, toe ‘n paar vroue betrokke geraak het by ons mensehandel bewusmakingsverldtog in 2019. Wat begin het as ‘n breigroep het ontaard in ‘n besonderse bediening waar nuwe lidmate ‘n veilige plekkie kon vind en hegte vriendskappe gevorm het. 

Hoe raak ek betrokke?

  • Kom kuier saam op Woensdae 10:30 by die kerk.
  • Bring jou brei/hekelwerk saam (jy is welkom om jou eie items te maak indien jy so verkies)

Kontak

  • Ina Viljoen 072 995 8240
  • thamar@ngkbloubergstrand.co.za

Mensehandel Bewusmaking

In 2019 het ‘n paar vroue betrokke geraak by ons bewusmaking teen mensehandel. Saam met die organisasie STOP Human Trafficking het hulle begin poppies brei. Teen einde 2019 het ons ongeveer 600 poppies Limpopo toe gestuur. Lees asb. meer hieroor. Poppie projek

Girly Bags

Die volgende projek tydens grendeltyd in 2020, was die “Girly Bags”. Klein handgemaakte sakkies om sanitêre ware in te sit. Hierdie sakkies word deur Matla-A-Bana gebruik in hul troos pakkies vir mishandelde kinders.

 

Musse & Serpe

Vir 2021 met die winter op hande is hulle besig om musse en serpe te maak vir haweloses. HIerdie items gaan by die weeklikse Gemeenskapsete uitgedeel word.

NG Kerk Bloubergstrand