Ek onderneem die volgende, en mag die Heilige Gees my hiermee help:
Ek glo dat elke persoon geskep is na die beeld van God en dat God my verantwoordelik hou hoe ek hulle, en myself, behandel.
Vandag maak ek ‘n belofte dat ek myself aanspreeklik sal hou teenoor my naaste vir God se plan met ons.
Ek beloof om my naaste met eer en waardigheid te respekteer.
Ek beloof om my naaste te dien en vir hulle lief te wees soos ek myself lief het. Ek beloof om hul almal met vriendelikheid en sagtheid te behandel, veral die wie kleiner en meer kwesbaar is.
Ek beloof om my te weerhou van enige moontlike kras houding en woorde wat ander mense intimideer en oneer aandoen.
Ek verstaan en bevestig dat respek wedersyds is, en dat ek geen spesiale reg het op grond van my geslag of posisie nie.
Ek beloof voor God in gehoorsaamheid aan Sy Woord, dat ek die nodige respek aan elkeen sal wys en hul welstand sal help bevorder deur wat ek doen, dink en sê.
Bogenoemde geld allereers in my gesin en familie, maar ook teenoor vriende, kollegas en elke naaste wat my pad kruis.