Poppies

Kontakbesonderhede:

Ina Viljoen – 072 995 8240

 

 

Beskrywing/storie van die projek:

Mensehandel bewustheid is ‘n voordurende proses. Hierdie jaar gebruik ons die Poppie projek hiervoor. Ons werk saam met die organisasie STOP Trafficking (www.stoptrafficking.org.za). Die poppies word aan die Limpopo provinsie gestuur, waar die nood tans die grootste is. Hulle versprei die poppies o.a. by kleuter- en laerskole.

Die patroon kan hier afgelaai word – Brei patroon of Hekel patroon

Gebruik asb hierdie riglyne vir die brei/hekel van poppies

 

Die Boodskap van die Poppies:

Waarom gebruik ons gebreide of gehekelde poppies om die boodskap oor te dra?

  • Jy is met liefde deur God gemaak. (Die poppies is handgemaak, met liefde)
  • Daar is niemand soos jy nie, jy is uniek. (Geen twee poppies lyk dieselfde nie)
  • Jy is ongelooflik kosbaar, geen geld kan jou koop nie. (Die poppies is nie te koop nie)
  • God wil jou veilig hou in die palm van Sy hand. (Die poppies pas perfek in jou hand)

Hoekom kry die seuns ook ‘n poppie?

Mensehandel onderskei nie tussen seuns en dogters nie, dit gebeur met seuns ook, en daar is hulp vir hulle ook.

Ware mans versorg vroue en kinders en kyk mooi na hulle. As jy ‘n poppie neem, dan onderneem jy as seun (vir nou) en as man (later) om ook mooi na vroue en kinders te kyk en hulle goed te versorg.

 

Huidige behoeftes/benodighede/deurbrake:

  1. Die huidige behoefte is om poppies te brei.  So ons het ‘n “Breigroep” begin wat weekliks bymekaar kom.
  2. Nr. 10 breipenne, 4-ply wol, en “stuffing”

Ons 1ste besending poppies is op reeds Limpopo to gestuur en op 2 Mei 2019 ontvang! Die kinders was baie opgewonde oor hul poppies. Baie dankie vir almal wat hierdie moontlik maak, ons waardeer dit baie.  Ons kan binnekort weer ‘n besending stuur met al die poppies wat intussen gebrei is! 🙂

Wanneer

Woensdag om 10:30 by die kerksaal