Erediens Bywoning

Eredienste begin weer, maar werk steeds effens anders

Ons het besluit om weer 21 Februarie met eredienste te begin. Ook ons 8:30 erediens sal dan weer hervat na maande se stilte. Ons droom om spesifiek te fokus op gesinne in daardie uur. Ons mis kinders in die kerk en die vreugde en energie wat hulle saam met hulle dra. Dit sal ruimte skep vir ouers om hul kinders kerk toe te bring, voordat in-persoon kategese kan begin. Ook die 10:00 en 18:00 dienste sal op die 21ste begin. Ook julle sal weet dat dinge konstant verander en beweeg, indien jy dus ooit onseker is oor die hoe, waar en wanneer van eredienste, is ons webtuiste ʼn goeie, op-datum plek om te gaan uitvind. Ons sal natuurlik vir nou ook voortgaan om ons preke op Youtube en ons webtuiste te laai.

Bywoningsregulasies

  • 50% Kapasiteit word toegelaat
  • Temperatuur word gemeet
  • Handhaaf sosiale afstand
  • Dra asb. jou masker tydens die diens
NG Kerk Bloubergstrand