Kampe
’n Tweede vlak van verhouding gebeur op ons kampe. Ons het elke jaar ’n senior kamp. Op hierdie kampe handhaaf ons ’n goeie balans tussen goeie pret en ernstig bymekaar leer. Die kategete gaan ook saam op hierdie kamp om die verhoudings verder te versterk.
Ons hou ook ‘n Belydeniskamp. Hierdie verpligte kamp is gefokus op dissipelskap en wat dit beteken om ’n dissipel in jou gemeenskap en kerk te wees.