Begrafnisse of gedenkdienste verg ‘n klomp reëlings van die familie wat reeds baie hartseer is. So ons maak dit ‘n bietjie makliker deur tee & koffie beskikbaar te stel na die diens in die kerksaal. Ons het ‘n groep dames wat help met die voorbereiding, skink en opruim na die tyd. Daar is altyd ‘n behoefte aan nog mense in ons groep, so as jy bedags beskikbaar is en voel jy wil by hierdie groep inskakel, kontak asb die kerkkantoor by 021 554 1290 / ngkblouberg@mweb.co.za