Thamar

Thamar het in die Kaap grootgeword, en maatskaplike werk by Hugenote Kollege en UNISA gestudeer. Haar pad hierna stap ‘n paar draaie deur die Suid Afrikaanse Geneeskundige Diens regoor Suid Afrika, Dowe Federasie van SA, Netcare, aftree oord, deeltydse privaatpraktyk en ‘n rehabilitasie hospitaal.
In 2009 word sy as die tweede maatskaplike werker van NG Kerk Bloubergstrand aangestel, en in 2011 word die maatskaplike werk kantoor as ‘n NPO afgestig; naamlik Bloubergstrand Maatskaplike Dienste (BMD).
Thamar is getroud met twee dogters en as stokperdjie hardloop sy al vir ‘n paar jare marathons en ultra-marathons.

021 554 3268 / thamar@ngkbloubergstrand.co.za