Thinus Britz

Thinus het in die Oos-Kaap grootgeword, en gematrikuleer in Humansdorp.  Hy studeer teologie aan die Universiteit van die Vrystaat, en dien as kapelaan in die weermag vir vier jaar, waarna hy die beroep aanvaar na die NG Kerk Bloubergstrand.  Hy is hoofsaaklik verantwoordelik vir bestuur en administrasie in die gemeente, en sy voorliefde is pastorale versorging.

Thinus is getroud met Elmarie, en hulle saamgestelde gesin het drie kinders: Anlé, Cornelius en Konstant.  Thinus se groot liefde is eintlik sy motorfiets, waarmee hy gereeld avontuur beleef.