Ons konneksie met Atlantis en die VGK Wesfleur kom al jare aan. Aanvanklik was ons betrokke by ʼn kleuterskool in die omgewing. Die skooltjie moes intussen sluit, maar ons het steeds by die mense betrokke gebly. Daarom ondersteun ons die CAB program in Atlantis deur ʼn maandelikse finansiële bydrae te maak. Ons besoek hulle ook nou en dan om die vennootskap te versterk.