Welkom

Welkom by die NGK Bloubergstrand se webtuiste. Ons hoop dat jy al die inligting sal vind waarna jy op soek is en dat die webtuiste vir jou gebruikersvriendelik is. Ons glo dat die liefde waarmee die webtuiste ontwerp is, vir jou tot seën sal wees.

Jy sal gou vind dat die “langs die see wees-gevoel” ‘n groot invloed het op wie ons is en hoe ons doen wat die Here aan ons opdra. Dit behels byvoorbeeld dat ons wel die bediening ernstig en met passie benader, maar nie onsself so vreeslik ernstig opneem nie. Die Here sou Sy kerk hier kon bou met of sonder ons. Ons het wel gevind dat die Here ‘n warm hart het vir die mense hier en daarom wil ons só graag deel wees van Sy droom vir Bloubergstrand en omgewing.