West Riding Nasorg

Kontakbesonderhede:

Naam: Niel Steyn

Tel nr: 084 6881080

E-pos: niel@echoyouth.co.za

 

Beskrywing/storie van die projek:

Laerskool Westriding in Parklands bedien hoofsaaklik kinders uit minder gegoede huishoudings waarvan albei ouers ʼn lae inkomste werk het en meeste kinders se moedertaal nie Afrikaans of Engels is nie. Hierdie skool het verskeie maatskaplike en sosiale uitdagings. Een van die probleme is dat dit Grondslagfase kinders vroeër as die res uitkom en die jonger boeties en sussies dan vir ʼn uur buite wag totdat die publieke vervoer beide die jonger en ouer kinders kom oplaai. In ʼn poging om hierdie jong kinders dan uit die strate te hou bied ons ʼn veilige ruimte waar ʼn paar van hulle huiswerk kan doen, met opvoedkundige speelgoed kan speel, of net saam lees. Tans geskied hierdie program op Maandae en Donderdae middae.

Ons maatskaplike werker is ook op Ad Hoc basis betrokke by groepwerk onder leerders waar spesifieke probleme deur onderwysers geïdentifiseer is.

 

Huidige behoeftes/benodighede/deurbrake:

  1. Vrywilligers wat tussen 13:30 en 14:30 na ‘n klein groepie Graad 1 of 2 leerders sal kyk, saam met hulle storie lees en sekermaak hulle is veilig
  2. Skenk ou kinder legkaarte wat volledig is en in goeie toestand is
  3. Skenk eenvoudige Afrikaanse en Engelse leesboekies vir Graad 1 of 2 standaard

 

Wanneer

Maandae en Donderdae, 13:30 – 14:30